Skara Brae

Hart van Neolitiese Orkney*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Skara Brae
Ligging van Skara Brae op 'n kaart (Skotland)
Skara Brae
Skara Brae
Posisie van Skara Brae in Skotland
Koördinate: 59°02′55″N 3°20′35″W / 59.04861°N 3.34306°W / 59.04861; -3.34306Koördinate: 59°02′55″N 3°20′35″W / 59.04861°N 3.34306°W / 59.04861; -3.34306
Lande Vlag van Skotland Skotland
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysings 514
Streek Europa en Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1999  (23ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Skara Brae is 'n Neolitiese nedersetting wat uit klip gebou is en geleë is op die Bay of Skaill aan die weskus van Mainland, die grootste eiland in die Orkney-argipel van Skotland. Dit bestaan uit agt gegroepeerde huisies en is bewoon van ongeveer 3180 vC–2500 vC. Skara Brae is Europa se bes bewaarde Neolitiese dorpie en het die status van Unesco-wêrelderfenisgebied. Saam met drie ander erfenisgebiede vorm dit die “Hart van Neolitiese Orkney.”[Nota 1] Dit is ouer as Stonehenge en die Groot Piramides en is die “Skotse Pompeji” genoem omdat dit so goed bewaar is.[1]

  1. Hawkes 1986, p. 262

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search